En hier is dit nou!

Sodra ek begin gewoond raak aan my werk kom daar nog verrassings.  En hier is dit nou! Ons eie durbanvilleathome! Enig in sy soort en ek is bevoorreg genoeg om deel van hierdie geboorte te wees.

As ‘n gebore Durbanviller verkyk ek myself steeds wanneer ek elke dag “dorp” toe ry om my kinders by die skool te gaan haal. Wat het van ons klein plattelandse dorpie geword?  Maar tog, al het ons so uitgebrei, voel ons nog plattelands.  Onthou nou, ek kom al amper van Pampoenkraal se dae af saam en onthou nog die D’urban of D’urbanville debat.  Ek onthou nog vir Blue Bells kafee en al die loslekkers in Mannetjies Roux se slaghuis, toe Spiro’s nog die oorspronklike Spiro’s was en DeVille sentrum nog die vaalgrys spikkelklippies teen sy mure gehad het en Hansel & Gretel en Arcadium Apteek basies die enigste winkels in die sentrum was.  Die dae toe ABSA bank nog Henry J Beans was en Hoërskool Durbanville opslae gemaak het met die Branders en hul blou en wit sweetpakke.  Onthou julle dit nog?

I am so excited to be part of durbanvilleathome.  Here we are going to talk about the good and necessary.  We are going to support and help build businesses. Together we are going to explore and recommend, whether it is a guesthouse or new menu at a local restaurant.  Share experiences and try to see why you were not happy with service. We are going to build a strong and supportive community.  But most important, we are going to get to know our people.  Who lives in our little town.  Where to go to have the best pizza in town and what happened at the burning house on the other side of town.

Schools and local businesses will be contacted and will be asked to join our venture. Important numbers at your fingertips and advise from our local professionals.

An informed community is a strong community and a strong community is a safe community.

Help us reach that goal.

Greetings from the Editor’s Office

Johanise Fouché

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *