Heil die Koper

Ek kry baie die vraag van mense van hoe kry jy die regte eiendom vir die regte koper? My antwoord is altyd eenvoudig – bepaal die kopers se behoeftes, maar is dit altyd so maklik om die koper se behoeftes te bepaal?

Soek die man ‘n braai waar hy sy Springbok en/of WP vlae kan ophang?
Soek die vrou ‘n Carrie Bradshaw instapkas of is vier kaste genoeg?
Wil die kinders in die parkie gaan rondomtalie draai of in die agtertuin?
En dan my nuwe gunsteling – swembaddens wat verniet weggegee wil word.
Hoe gemaak om die behoeftes te bepaal?

Ek glo absoluut dat mens moet luister om te hoor en nie te antwoord nie – mens het mos 2 ore en slegs 1 mond gekry – use it wisely
Dis ‘n proses – die begin van ‘n pad en ‘n droom wat gestap word deur beide die koper en die eiendomsagent – om ‘n vriend en vreemdeling se behoeftes te bepaal moet jy die mens leer ken. Baie keer is daar eintlik ‘n rede agter die rede en dís daar waar die “magic” lê.

 

 

Some practical tips for the buyers, namely:
• Learn to know the market and area in which you wish to buy- set up alerts for yourself on the relevant internet platforms
• Have realistic expectations about your wants and needs and what the specific area can deliver
• Decide if you want to move in and live happily ever after or are you up for the renovation challenge?
• Every area has a financial glass ceiling – ask your estate agent to assist in finding out where it lies (this issue becomes very relevant if and when you want to resell)
• The only constant in life in change – just as your requirements change, so does the market

Kry vir jou ‘n eiendomsagent waarmee jy gemaklik voel- gaan drink daardie koffie en neem die tyd om jou behoeftes eerlik en duidelik te kommunikeer – sodoende word die tyd effektief benut en die soektog verkort, want almal is dan op dieselfde bladsy

Sien julle in die koffieshops
Laat dit juig

 

Egbert Meyer
Chas Everitt,  Business Development Manager

 

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *