Marisca se naweekplanne

Dit is altyd vir my ietsie besonders om te kyk hoe die kinders iets vir die eerste keer ervaar. Die naweek het ek weer een van daardie oomblikke gehad wat my laat glimlag het van oor tot oor. Ons het vir Jack gevat vir sy eerste bootrit by die V&A Waterfront in Kaapstad. Ons het aanboord geklim op die Ocean Adventurer, ‘n pragtige katamaran van Marine Eco Tours. Skakel hulle gerus by tel: 021 421 5565 / sel: 073 2166447 of epos: david@ocean7.co.za.

Die kostes was R250 per volwasse en R150 per kind en die rit was om en by 90 minute lank. ‘n Jong dame was ons oulike gids en sy het ons meer van die robbe en pikkewyne vertel. Die hoogtepunt was die pragtige dolfyne wat ons gesien swem het reg langs ons. As ek nou terug dink skaam ek myself, want ek het heen en weer op die boot rondgehardloop om te kyk waar hulle swem. Daar is verfrissende drankies te koop aanboord en terwyl mens uitvaar op die groot, blou waters kan jy lekker ontspan en luister na rustige musiek. Die kinders het bo-op die nette gesit en rustig als ingeneem rondom hulle.

Natuurlik was almal na die tyd dood van die honger en ons het by die Hotdog King (adres: Victoria Wharf 280 Dock Straat V&A Waterfront Kaapstad (021) 419 5047) ‘n worsbroodjie geëet en ‘n lekker groot roomys vir nagereg. Die vars lug en blou water het definitief ‘n effek op Jack gehad, want ons was skaars daar weg en die mannetjie was uit soos n kers.

 

Marisca Groenewald

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *