Hoërskool Stellenberg Krieket

STELLENBERG EERSTE XI-TAL:
Tydens die Semi-finaal van die Sammy Bloch-uitklopreeks neem ons Eerste Span wraak en klop Bellville met drie paaltjies. Stellenberg teken 96 lopies aan. Topkolwers: Johann vd Merwe – 25 lopies en Ludwig Sander -17. Topboulers: Ludwig Sander 3/19. Bellville word beperk vir 92 lopies.
Ons wen die wedstryd in ‘n naelbyt-einde met vier lopies.

Sammy Bloch-Finaal. Weer ‘n naelbyteinde. Brackenfell kolf eerste en word beperk tot 117 lopies Marc Nieman het 3 / 39 lopies geneem en Johann vd Merwe 2 vir 14.
In ons kolfbeurt het Ewald van Niekerk 25 lopies aangeteken en Ludwig Sander en Nicko Laubscher elk 17 lopies. In die laaste boulbeurt word ons uitgehaal vir 115 en verloor naelskraap met 2 lopies.
Om die finaal van die Sammy Bloch in ‘n baie mededingende reeks te gehaal het was fantasties. Baie geluk.

Stellenberg 0/19 C vs Table View: 0ns 0/19 C-Span klop vir Table View verlede week met 29 Lopies. Ons teken 185 lopies aan; LD vd Merwe met 44 lopies en Charl Venter met 34 lopies was ons beste kolwers. Table View word beperk tot 156 lopies: Lucian Carstens neem 3/ 11 en LD vd Merwe en Konrad Gruhn het elk 2 paaltjies ingeoes. Baie geluk!

Saterdag 4 Mrt: Stellenberg vs Edgemead – ‘n baie goeie krieketnaweek vir ons spanne:
Ons Eerste span teken ‘n allemintige 302 lopies aan; Ster-kolwers – Ludwig Sander teken ‘n uitsonderlike 98 lopies aan en Cody Nieuwoudt 62 lopies.
Edgemead word uitgeboul vir slegs 85 lopies. Marc Nieman het beste gevaar met die bal – Marc het 3 vir 8 lopies geneem; en Johann vd Merwe, JT Schoeman en Nicko Laubscher elk 2 paaltjies. Ons eerste span ransel Edgemead af met 217 lopies.

Ons 0/19 B-Span klop ook vir Edgemead met 93 lopies. Ons B-Span kolf eerste en slaan 178 lopies. Uitblinkers met die kolf: Ian Giliomee teken 52 lopies en Conrad Gruhn 38 lopies aan. Edgemead word uitgehaal vir 86 lopies. Die beste B-span bouler – Marlo van Zyl neem 3 / 14; Edrich Ackerman, Konrad Gruhn en LD van der Merwe het elk 2 paaltjies ingeoes.

Stellenberg 0/15 A-Span teken 257 lopies in ons kolfbeurt aan: Ruan Bastiaanse teken ‘n onoorwonne 100 lopies aan – Puik! Connor Pretorius 30 lopies. Edgemead is uitgeboender vir 180 lopies: Beste Stellenberg-Boulers: Connor Pretorius 3/28; Ruan Bastiaanse 3/54 en Ayd’n Tities 3/16. Ons 0/15 A-Span wen met 77 lopies. Baie geluk.

Stellenberg 0/14 A het daarin geslaag om 193/4 lopies aan te teken in die toegelate 40 boulbeurte.
Enslin Scott met 57 lopies; Dean Oosthuizen met 40 lopies en Thomas Kilian 21 lopies het die beste met die kolf gevaar.
Edgemead is beperk tot 120 lopies. Beste Stellenberg Boulers: Neo Parenzee neem 3 / 17 en Stef Grobbelaar 2 / 21.

Saamgestel Deur Heine van Dyk – Hoërskool Stellenberg Sportorganiseerder

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *