Durbies Tennis Lewer 6 WP Spelers

Durbies Tennis spog vanjaar met 6 WP tennisspelers.

Die Durbies het vroeg vanjaar reeds hul eerste toernooi gewen, toe hulle die T4J Tennistoernooi gewen het.

Met konstante goeie spel en harde werk het hierdie jong Durbie-groep 6 WP Tennisspelers opgelewer.

Die volgende leerders het die verskeie WP Tennisspanne gehaal:
DOGTERS o/15
Karli Roux A-span SA Interpro
Jana Strydom B-span vir Matzikama toer
SEUNS O/15
Le Roux Strydom A-span Wes-Kaap Interpro
Tiaan Schreuder A-span Wes-Kaap Interpro
SEUNS O/17
Hentie van der Merwe A-span SWD & Wes-Kaap Interpro
DOGTERS O/19
Zebeth Strydom A-span vir SA Interpro

Dankie aan ons puik afrigters en onderwysers vir hul insette agter die skerms.

Baie geluk aan elkeen van ons leerders en sterkte met die voorbereiding vir die verskeie toernooie.

#TrotsDurbanville

Foto: WP Tennis
Agter v.l.n.r. Le Roux Strydom, Tiaan Schreuder, Hentie van der Merwe
Voor v.l.n.r. Karli Roux, Zebeth Strydom, Jana Strydom

Saamgestel deur Freddie Brooks: Hoof: Sport & Bemarking

1 thought on “Durbies Tennis Lewer 6 WP Spelers”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *