Durbanville Krieketklub

Durbanville Krieketklub het ‘n besige naweek agter die rug.

Hier volg die afgelope naweek se uitslae:

Twee Dag Wedstryde (finale dag 25 Maart 2017):

Die Eerstespan lê in ‘n baie goeie posisie teen St Augustines, ‘n wen kan miskien hulle laat 2de eindig in liga, Bellville het al reeds die liga gewen.
Die Tweedespan speel teen Claremont en is 30 lopies agter na dag een.

Een Dag:

Derde span het teen Montrose met 6 lopies verloor.

Vierdespan (jong manne) en Vyfdespan (ou manne) het teen mekaar gespeel. Die Vierde span het gewen met 91 lopies.

Ongelukkig het die Sesdespan het teen Milnerton verloor met 48 lopies.

In Vrydag (17 Maart 2017) se o/12 Nightbash het Durbanville teen Somerset-Wes in die eindstryd gespeel, Durbanville het gewen.

Die juniors se uitslae was nog nie beskikbaar nie, maar sal so gou moontlik deurgegee word.

Inligting verskaf deur Mike Brown
Fotokrediet: Mareli Labuschagne

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *