Spogaand Vir ‘n Spogskool

Die Hoërskool Durbanville Ouditorium het weer uit sy nate gebars toe die jaarlikse Mnr & Mej Durbie skouspel op Vrydag 21 April plaasgevind het. Dit is verseker een van die hoogtepunte op die Durbie-seniors se kalenders.

Die Ouditorium was weer stampvol en die aand was ‘n reuse sukses.
Vanjaar se wenners was as volg:
Mnr. Durbie – Jean Aucamp
1ste Prins – Matthys Carstens
2de Prins – Cole Fisher
Mnr. Persoonlikheid – Cole Fisher
Mnr. Fotogenies – Hugo Tredoux

Mej. Durbie – Lulani van Zyl
1ste Prinses – Mieke Verster
2de Prinses – Bernalee Branders
Mej. Persoonlikheid – Mieke Fabel
Mej. Fotogenies – Lulani van Zyl

Baie dankie aan almal wat die aand moontlik gemaak het en veral ook aan ons seremoniemeester, Mnr. Pedro Kruger. Laastens baie geluk aan elkeen van ons Durbies wat deelgeneem het, julle het stunning gelyk.

 

Foto Mnr & Mej Durbie – Die wenners, Jean Aucamp (links) en Lulani van Zyl (regs), saam met gr 8 Durbie, Anthea Gravett (middel) wat Miss Petite Teen SA vanjaar gewen het.

 

Inligting saamgestel deur Freddie Brooks – Hoof: Sport & Bemarking

Fotokrediet:  CA Bezuidenhout

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *