10 Stappe Na ‘n Perfekte Fotograaf

“Talk about always expect the unexpected”!

Ek het so ‘n kort tydjie van die radar af verdwyn, ons het verhuis, my rekenaar het gekalf.  En my motor. Ek kan darem trots erken ek het die laaste 3 weke oorleef en kan nou weer fluks voor die rekenaar inskuif en begin tik aan my gevleulde woorde!

Vandag deel ek 10 Stappe om jou perfekte trou fotograaf te vind.  Hierdie stukkie behoort nuttig te wees aan fotograwe en voornemende bruide.

Bruide, onthou jou troufoto’s is al wat jou oor het om van jou sprokiestroue te wys. Die koek is opgeëet, die blomme dood en jou trourok woon iewers in ‘n kas met motbolle. Jou troufoto’s is die enigste werklike herinnering, daarom is jou keuse vir die perfekte fotograaf so belangrik.

Fotograwe,kyk bietjie mooi na hierdie 10 punte en kyk dan na jou bemarkingsplan en waar jy jouself kan verbeter.

1. BEGIN DADELIK JOU TROU FOTOGRAAF SOEK
Meeste fotograwe word ‘n jaar vooruit bespreek, daarom is dit so belangrik om so gou moontlik jou fotograaf te bespreek. ‘n Besprekingsfooi is ‘n moet om jou plekkie te verseker. Die realiteit is meeste bruidspare bespreek eerste hul venue en dan hul fotograaf.

2. BEGROTING
Dit is nogal ‘n moeilike onderwerp, vra jy te min dink bruide jy weet nie wat jy doen nie en kruisig ander fotograwe jou. Vra weer te veel kan niemand jou bekostig nie. Feit is, fotografie is duur omdat ons gereedskap so duur is, ons geweldige lang ure werk en ek praat nie eers van die editing en programme wat benodig word nie.

Elke persoon se begroting verskil. Ek dink elkeen moet sy eie waarde bepaal en glo in jouself. Op die einde van die dag besluit jy wat jou dienste werd is en of jy in jouself glo.  Daar is ‘n kliënt/fotograaf vir elke prysklas.

3. WATTER FOTOGRAFIE STYL PAS BY JOU?
Elke persoon se smaak verskil en dit is van kardinale belang dat fotograaf en bruidspaar se styl ooreenstem. Dit kan baie ongelukkigheid na die tyd voorkom. Bruide doen julle huiswerk goed en fotograwe, vind jou styl, maar wees ook aanpasbaar by tendense.

4. PERSOONLIKHEID
Dit is baie belangrik om te onthou dat jy nie net ‘n fotografie pakket koop nie, maar ook jou fotograaf se persoonlikheid. Dit is ongelooflik belangrik dat julle goed oor die weg kom. Daarom beveel ek altyd ten sterkste aan dat daar vooraf ontmoet moet word of selfs ‘n pre-wedding fotosessie gedoen word.

5. VERWYSINGS
80% van my besprekings kom van verwysings deur vorige kliënte. Ek dink dit is die beste manier om ‘n fotograaf te kies, as ek eerlik moet wees. Deur verwysings en resensies na te gaan kan ‘n bruid nie ‘n fout maak nie.

6. KONSULTASIE
Soos ek vroeër genoem het dink ek dit is baie belangrik om jou fotograaf in persoon te ontmoet. Julle moet gemaklik wees met mekaar. Dit is ook die perfekte geleentheid om pakkette en produkte soos boeke te besigtig. Ook belangrike vrae en advies kan gedeel word oor ‘n heerlike koppie koffie!

7. VRAAG & ANTWOORD
Beide bruidspaar en fotograaf behoort ‘n vraelys te hê.  Volgende week deel ek hierdie fotograaf vraelys met julle.

8. TROU ALBUMS EN PORTFOLIO
Onthou dat Facebook, Instagram en Webtuistes eintlik baie misleidend kan wees. Dit is net logies dat mens jou beste werk ten toon stel. Bruide, vra om ‘n album te sien en ten minste 1 volledige troue en nie net die 10 beste foto’s nie.

9. VERGELYK
Elke fotograaf se pakket, persoonlikheid en fotografie styl verskil. Hoeveel foto’s ontvang jy, is jou foto’s ge-watermerk, hoeveel ure, kry jy ‘n fotoboek, romantiese fotosessie, 2de fotograaf en so kan die lys aangaan.
Waarde vir geld, kwaliteit en ‘n fantastiese persoonlikheid sal die deurslag gee.

10. NA DIE TROUE
Verskaf jy ‘n sneak preview, hoe lank is jou editing gleuf en kommunikasie.

Ek het nog nie die perfekte bemarkingsplan gevind nie, maar wat ek wel gevind het is waarde in myself en respek vir my kliënte.

Tot volgende week!

Bernadette Dippenaar

BE Photography

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *