Wie Is Jy?

Ons almal het verborge drome en begeertes. Ons almal het gawes ontvang wat ons met die wêreld moet deel. Leef jy jou Goddelike roeping uit?
Ons stel so baie uit of laat toe dat negatiewe gedagtes en selftwyfel tussen ons en ons drome kom.
As ons toelaat dat teleurstellings en swak selfbeeld keer om ons drome te volg, sal ons skatte verewig begrawe bly. Onthou God het JOU toegerus met alles wat jy nodig het om jou roeping te vervul.
Moenie die fout maak om jouself met ander mense te vergelyk nie. Jy is uniek en volmaak geskape.

As fotografie jou passie is en jy voel jy wil dit as ‘n voltydse beroep vervul, doen dit met oorgawe en vertrou jou Godgegewe talente. Moenie ander fotograwe se styl prober namaak nie.  Ontwikkel jou eie styl, dit is wat jou uniek maak. Jy sal waarskynlik aanvanklik baie geintimideerd en onseker voel en dit is ok! Selfvertroue kom met ondervinding – fake it till you make it – doen dit net.
Waag dit om groot te droom. Dink groot en glo!
Dit is baie waar dat die fotografie industrie tans oorvol is, dit maak die kompetisie soveel meer en die hoeveelheid bemarking wat jy moet insit soveel meer. Sien dit as ‘n positiewe uitdaging eerder as om te begin twyfel in jouself en jou drome prys te gee.
Ek dink die belangrikste besluit om te maak is watter tipe fotografie jy wil beoefen en watter styl jy aanklank vind by.
Is jy veelsydig en gemaklik met mense? Suksesvolle fotograwe moet veelsydig wees en hulself nie beperk tot een spesialisveld nie.
Ateljee fotografie, Reklamefotografie, Persfotografie, Gespesialiseerde fotografie soos forensiese fotografie, Dokumentêre Fotografie ensovoorts.
Indien jy besluit om formele onderrig te verkry in fotografie is hierdie opleiding vereistes van toepassing. Hierby wil ek net noem dat bykans die helfde van die fotograwe wat ek ken, geen formele tersiêre opleiding ontvang het in fotografie nie. ‘n Oog vir fotografie is ‘n Godgegewe talent en geen boeke kennis kan dit vir jou gee nie. Ek praat sommer van shooting from the heart.
Aanbevole skoolvakke:
Wiskunde, Kunsgeskiedenis, Geskiedenis, Biologie, Inligtingstegnologie, Geografie, Ontwerp, Besigheidstudies, Musiek, Toerisme, Visuele Kunste en meer.
Universiteit van Tegnologie:
Drie-jaar Nasionale Diploma: Fotografie
Vier-jaar B.Tech: Fotografie
Tegniese en Privaat Kolleges
Nasionale Diploma: Rolprentvervaardiging (Regie)
B.Tech: Multimedia
Toelatingsvereistes:
’n Senior Sertifikaat of ekwivalent.
Keuringsvereistes:
Tesame met akademiese toelatingsvereistes word dikwels ook ’n onderhoud en portefeulje op kampus vereis.

Werksgeleenthede:
Fotograwe word gewoonlik op ’n vryskutbasis gehuur deur koerante, tydskrifte en ander media, asook modehuise, ontwerp-ateljees, reklamemaatskappye, hospitale, regeringsdepartemente, navorsingsinstitute en vele meer.
Verwante beroepe:
Kameraman, Handelskunstenaar, Filmredigeerder, Joernalis, Litografiese kunstenaar, Mikrofotograaf en Fotografiese restoureerder.
DO or DO NOT. THERE IS NO try. – YODA

Bernadette Dippenaar

BE Wedding Photography

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *