103 “and still going strong”!

Ons het die oudste inwoner in Durbanville gesoek en te danke aan ons lesers haar gevind.

Tannie Katie Kitshoff op 22 Julie 1914 gebore in die Darling distrik en daar grootgeword.  Sy het op ‘n plaas grootgeword en jare later het sy en haar man, Leon na Blomtuin, Bellville verhuis.  Sy het destyds by Valkenberg Hospitaal gewerk en haar man was ‘n ouditeur by Sanlam.

Tannie Katie is die afgelope 28 jaar ‘n inwoner van Edelweiss Ouetehuis.  Sy en oom Leon het Oktober 1989 hul intrek in een van die woonstelle geneem – tannie Katie met haar Toyota Tazz en oom Leon met sy Ford Cortina bakkie.  Oom Leon is ongelukkig in 2002 oorlede aan kanker.  Tannie Katie het na een van die enkelwoonstelle geskuif en 9 jaar gelede na die versorgingseenheid beweeg.

Hulle het een seun gehad, maar hy is ongelukkig in 2001 oorlede.

Tannie Katie se gehoor is aangetas en kommunikasie is baie moeilik, maar sy is goed deur die personeel, veral sr Kruger, voorberei en het my ingewag met lipstiffie.  Sy het geweet ek is daar om foto’s te neem en oor haar te gesels en my ingewag met ‘n groot glimlag.

Wat ‘n voorreg om hierdie vrou te kon ontmoet!   Baie van ons jong meisies kan leer by hierdie goed versorgde 103-jarige dame – met haar lipstick!!

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *