Fotografie En Al Sy Afdelings

Baie van ons dink aan fotografie met net ‘n paar van die vele genres in gedagtes.
Een van die mooiste en mees genotvolle aspekte van fotograaf wees is juis die wye veld waarin jy jou kreatiewe vlerke kan sprei. Dit bring beide groei, ontwikkeling en uitdaging.
As fotograaf moet jy veelsydig wees en jy behoort meeste van die genres te kan baasraak. Elkeen van ons moet egter ‘n spesialisveld hê, soms kies jou spesialiteit jou en dit gebeur spontaan, maar dit is altyd goed om jou opsies te ken.
Ek het so bietjie huiswerk gedoen oor vandag se onderwerp, net om seker te maak ek laat niks uit nie.

1. Mode Fotografie

Mode fotografie is een van die mees gesogde beroepe in ons industrie en word beskou as die gateway tot die glanswêreld. Ek is versot daarop om met profesionele modelle te werk. Hier is jou kennis van beligting, posing en tegniek uiters belangrik.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

2. Natuur Fotografie

Enige vorm van landskap fotografie en natuur tonele val in hierdie kategorie. Beplanning, geduld, ‘n tikkie geluk en goeie tegniek sal jou goed ondersteun as jy hierin belangstel.

 

 

 

 

 

3. Wild Fotografie

Dit klink makliker as wat dit is, maar ek beveel baie sterk aan dat jy die korrekte lense en ervaring (en baie geduld) het voordat jy hierdie veld aanpak. Wilde diere is onvoorspelbaar.  Onthou, hier beweeg jy in hulle terrein. Die ander opsie is om opgeëet te word deur ‘n leeu!

 

 

 

4. Swart en Wit Fotografie
Hierdie fotografie styl is tydloos en klassiek. A moment frozen in time. Daar is net iets aan swart en wit foto’s wat mens laat dink.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

5. Trou fotografie

Een van die mees gesogde tipeêês fotografie op die oomblik. Dit is ‘n baie kompeterende mark en toevallig ook my spesialisveld. Trou fotografie is nie vir almal nie, baie lang werksure, goeie interpersoonlike vaardighede en jy moet vinnig op jou voete wees. Ek geniet dit verskriklik.


6. Reis Fotografie

As jy hou van reis en jy kan dit bekostig, is reis fotografie ‘n ongelooflike ervaring. Die geleentheid om verskillende landskappe en kulture in dokumentêre styl vas te lê is lewensverrykend.

7. Makro Fotografie

Dit behels die afneem van ‘n voorwerp in fyn detail, wat mens nie met die blote oog kan sien nie. Jy het spesiale makro lense nodig.

 

 

 

 

 

 

8. Newborn Fotografie
Hierdie is ook nogal ‘n baie gewilde fotografie veld om in te spesialiseer. Glo my, dit lyk makliker as wat dit is. Dit neem hope geduld en jy moet gekwalifiseerd wees om babas veilig te hanteer en jou tegnieke ken.

 

 

 

 

 

9. Lug Fotografie

Hierdie foto’s word vanuit die lug geneem, in watter vorm ookal. Dit kan wees vanuit ‘n vliegtuig of meer gewild deesdae is die gebruik van drone fotografie. Hierdie tipe fotografie word meestal aangewend vir die afneem van landskappe, eiendom of natuurlik vliegtuie ensovoorts.

10. Argitek Fotografie

Dit behels die afneem van geboue en strukture. Dit vereis spesialiteits toerusting, goeie beligting en spesifieke tegniek.

11. Openhartige Fotografie (candid photography)

Ek is versot op hierdie tipe fotografie.  Dit is wanneer jy ‘n foto van iemand neem sonder dat hulle daarvan bewus is. Ek voel dat jy jou mooiste foto’s so vaslê juis omdat jy die regte emosies so vasvang.

 

 

 

 

 

12. Dokumentêre Fotografie
Oomblikke, as deel van ‘n sentrale tema, word vasgevang soos dit gebeur.  Geen direksie word gegee tydens die neem van hierdie tipe foto nie, maar vertel aan die wat die foto’s sien ‘n verhaal van die mense wat afgeneem word. Die fotograaf spandeer gewoonlik ‘n redelike tyd saam met die die mense of onderwerp om nadere kennis op te doen en so ‘n meer akkurate verhaal deur foto’s weer te gee.
13. Kos fotografie
Hierdie is ‘n spesialis veld – meeste van die tyd vir kommersiële gebruik. Gewoonlik word hierdie tipe foto’s gebruik in resepteboeke, tydskrifte en spyskaarte.

 

 

 

 

 

 

 

14. Foto Joernalistiek

Hierdie tipe foto word geneem om ‘n oomblik in ‘n storie vas te vang en so die kern van storie oor te dra. (Kan ook Straat Fotografie genoem word). Dit het eintlik ‘n baie wye veld, dit kan strek van persfotografie tot die afneem van ‘n troue.

15. Fyn Kuns Fotografie
‘n Baie kunstige vorm van fotografie.  Hierdie foto’s word geneem deur die kunstige fotograaf wat hou daarvan om dinge op ‘n ander manier as die norm af te neem. Die foto is die visie van die fotograaf.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

16. Portret Fotografie

Dit is ‘n foto van ‘n persoon of groep wat die persoonlikheid van die onderwerp vaslê met die korrekte beligting. Die agtergrond word uitgedoof om meer klem te lê op die model.
17. Sport Fotografie

Nogal ‘n duur keuse om sport fotografie jou beroepskeuse te maak. Die gereedskap is peperduur. As sport egter jou passie is sal jy elke oomlik geniet en daar is finansiële voordele op die langeduur.

18. Oorlog Fotografie

Hierdie tipe fotografie oorvleuel met tegnieke van dokumentêre fotografie en straat fotografie, maar fokus spesifiek op die vasvang van gewapende konflik en die effek wat dit op mense en lande het. Dit is ‘n baie gevaarlike tipe fotografie en nie geskik vir almal nie.

As jy gedink het aan fotografie as loopbaan, maar nie seker was of jy heeldag babas of troues wil afneem nie, hoop ek jy is geinspireer om jou kamera op te tel en jou hart te volg! Hopelik het julle het ook so ietsie geleer uit vandag se brokkies inligting.
Tot volgende keer

Bernadette Dippenaar

BE Wedding Photography

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *