Durbies Sport En Kultuurnuus

NETBAL
Nicola Smith is vir die SA o/17 Netbalspan gekies wat volgende jaar aan die Wêreldbeker in Pretoria deelneem.
Baie geluk Nicola, ons is baie trots op jou!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die volgende spelers haal Wes-Kaapspanne wat gedurende die vakansie aan die SA kampioenskappe deelgeneem het. (“All Ages”):
0/14 : Inge Botes, Anna-Marie van Niekerk en Jannah Smith
0/15 : Melissa Blaauw en Kaylen O’ Neill
0/16 : Runè du Plessis was deel van die Departement se elite-span.
0/17 : Silke Hellmann, Gillian Fortuin en Nicola Smith
Al drie hierdie spelers word gekies om deel te neem aan SA-proewe…die uitgelese groep het uit 35 spelers van oor die hele land bestaan.
Nicola Smith behaal die ongelooflike prestasie om gekies te word vir die SA 0/17 netbalspan. Hierdie span wat die 12 beste netbalspelers in SA insluit, gaan volgende jaar in Mei aan die Wêreldbeker deelneem. Baie geluk, ons is besonder trots op jou, Nicola!
Die volgende spelers haal die Cape Town High Schools (voorheen genoem WP) –spanne en het aan ‘n Inter-distrikte toernooi in Wellington deelgeneem.
0/14 : Taylynn Fortuin en Marisa de Beer, wat die kaptein van haar span was. Eune van Gaalen se span was dan ook uiteindelik die wenners van die GOUE medalje. Geluk, Eune!
0/15 : Klia Verster, Charleze Carmichael, Courtney Hickson en Lene Stofberg. Charleze, Courtney en Lene se span wen die brons-medalje.
0/16 : Chane Tredoux, Zeanne van As en Bianca de Lange, wat ook die kaptein van hierdie span was, het die afgelope naweek goed vertoon.
Haylie Liebenberg, Ansley Solomons en Elan Stoffberg se span het met die goue medalje huis toe gekom. Ansley was onder-kaptein en Elan was die kaptein van hierdie wenspan.
0/17 : Martelle Smith was nie net die kaptein van haar span nie, maar het hulle ook met die goue medalje huis toe gekom!
0/18 : Drie van ons eerste-span spelers, Alexis Hickson, Rieke van Rooyen en Michane de Villiers was deel van hierdie tawwe 0/18-groep. Michane de Villiers is nie net ons skoolspan se kaptein nie, maar sy het ook die voorreg gehad om haar WP-span aan te voer.
Baie geluk aan al 26 meisies, ons is baie trots op julle!

 ORKES
Die Junior Blaasorkes, Senior Blaasorkes en Senior Simfoniese Blaasensemble het Woensdagaand 2 Augustus deelgeneem aan die Tygerberg Eisteddfod.
Die Junior Blaasorkes behaal 80%, die Senior Blaasorkes, 85% en die Senior Simfoniese Blaasensemble ontvang Hoogste Lof met 91%.
Laasgenoemde word dan ook aangewys as kategoriewenners in die skoolorkeste- afdeling.
Baie geluk Durbies, ons is trots op julle!

 

 

 

 

 

HOKKIE
Ons Durbies het die afgelope skoolvakansie aan die verskeie provinsiale hokkietoernooie deelgeneem.
Baie geluk aan Ben, Sam, Miané en Teneal, ons is trots op julle!

 

 

 

 

 

 

 

 ATKV APPLOUS
Durbies gaan van krag tot krag…
Die Durbies Koor o.l.v. Mev. Oud-Durbie, Maria Viviers (Rademan) het vanjaar die ATKV Applous finale in Pretoria gewen vir die kategorie meer ervare gemengde skole.
Die Durbies wen ook die beste voorgeskrewe lied uitvoering en eindig algeheel tweede in die ervare kategorie by hierdie kompetisie met ‘n gemiddeld van 88,44.
Baie geluk met fir wen Durbies! Ons is baie trots op Mev. Rademan-Viviers en ons Durbies Koor.

AFRIKAANS OLIMPIADE
Ons is baie trots op Matthys Carstens wat onlangs aangewys is as die provinsiale (Wes-Kaap) sowel as die nasionale wenner van die Afrikaans Olimpiade 2017.
Matthys wen prysgeld van R1000 as provinsiale wenner en R3500 as nasionale wenner.
Baie geluk Matthys, ons is baie trots op jou!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *