Nuwe Blogger

Ek het ‘n tydjie gewik en weeg voor ek die besluit geneem het om vir Durbanville At Home te blog.  Ek wil nie hê mense moet my verkeerd verstaan nie.

Kom ek begin by die begin.

Ek is in my vroeë 40’s en woon my hele lewe lank al in Durbanville.  Ons is al donkie jare getroud, maar my man is nie ‘n volbloed Durbie nie.  Ons het 3 kinders, 1 in die hoërskool, 1 in die laerskool en die jongste gaan volgende jaar Voorbereidingskool toe.

Ek wil gesels oor dinge wat ek sien en hoor en van weet.  Die dinge wat julle te bang is om hardop te sê, want wat as die afrigter hoor hoe jy voel en jou kind uit die span skop?  Of as die onderwyser hoor hy is ‘n monster en vandaar op jou kind pik – want haar ma kla oor alles?  Ek gaan vir seker nie net kla nie, ek gaan ook oor die lekker dinge van ons dorp gesels – en vrek, daar is baie!!!!  Ek gaan julle sommer van restaurant en gebeurtenisse vertel soos ons ons gewone dagdinge doen.

Noem my sommer Bianca – net nou word my kind uit die span geskop!!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *