Hoe Gaan Jou Volgende Profile Pic Lyk?

Deur Bianca

Ek broei nou al van gisteroggend af, nee, eintlik broei ek nou al van Maandagoggend af.  Moet my nie verkeerd verstaan nie.  Ek is uit my hart uit dankbaar dat sy veilig tuis is.  Ongedeerd.  Die laaste ding wat enige iemand wil hê is dat ‘n jong lewe verwoes moet word.  Hier, so naby aan ons.  Een van ONS kinders!

Maandagoggend is my Facebook News Feed net van haar.  ‘n Dertienjarige meisie van Brackenfell is weg.  Almal is in rep en roer.  Alles te verstane, maar tog.  Ek sê vir my man, jy sal sien, die girlie gaan iewers uitkom.  Sy het gaan langnaweek hou – was ek verkeerd?  Nee.

Ja-ja, stenig my maar.  Ek is regtig OK daarmee.  Ek het op haar Facebook gaan rondkrap (ek maak nooit aanmanings sonder bewyse nie) en wat meer wil jy hê?  Hierdie kind, want dit is PRESIES wat sy is, gedra haar soos ‘n slet.  Dit is mans, mans en nog mans.  Foto’s wat jy tot by (soos my ma sou sê) kon sien wat sy vir breakfast gehad het.  Dit is maag en boude.  En mans wat sê sexy body, I wish I was part of your world, ensovoorts, ensovoorts. Sy vloek haar ma vieslik. Donker boodskappe van verhoudings wat nie uitwerk nie.  En sy wat erken sy wil wegloop.

SY IS DERTIEN.

Sy gaan oorslaap by “vriende” (wie haar ma nie kontak OF ken nie), sy lieg oor ‘n bybelstudiegroep.  Sy weet presies wat sy doen.  Hoekom kontak haar ma of pa nie die “vriende”voor die tyd en bevestig die oorslaap met die ouers nie?  Hoe laat jy jou 13-jarige dogter na VREEMDE mense se huis gaan?  Vir ‘n naweek?  Hoe kom jy op die punt waar jou dogter jou op Facebook so slegsê?  Ek vra die vrae, want ek het ‘n 16-jarige dogter!  Ons baklei ook.  Gereeld.  Sy is nie ‘n maklike tiener nie – alhoewel sy voel sy doen niks verkeerd nie.  Hoe is jy nie bewus van jou dogter se ander lewe nie?  Hoe het jy nog nooit iets agtergekom nie?  Indien die comments op Facebook die waarheid is, gaan dit mos rof in jou huis!  Hoe laat jy dan toe dat jou kind vir ‘n naweek by vreemde mense gaan woon??

Nou gaan die man by wie sy was ingeneem word vir ondervraging.  HY gaan nou moeilikheid kry.  En sy?  Sy is terug by die huis en almal faff om haar, want die arme kind?! ‘n Man is ‘n man is ‘n mens.  Van vlees en bloed.  As jy hom gaan uitlok gaan hy reageer.  NEE, ek praat NIKS hiervan goed nie.  NIKS, maar hy is ‘n man, van vlees en bloed – gaan kyk weer na haar Facebook blad…  Hy kry nou al die skuld.  Sy is jonk, maar sy is 13, nie 3 nie.  Sy het baie goed geweet wat sy doen.  Ek bid dat my seuns nie eendag met so geval deurmekaar raak nie, en wil hulle vir seker nie deur dit sien gaan nie.

Skielik moet ons vandag die familie se privaatheid respekteer.  Skielik mag niemand niks sê nie, maar 24 uur gelede het die verdwyning alles met ons te doen gehad.  Hoekom mag ons nie nou weet waarmee sy besig was nie?  Hoekom mag ons nie nou weet waar sy gekry is nie?  Hoekom is ons nou nie meer goed genoeg nie?  Nee julle, dit werk nie so nie!  Julle is kwaad omdat daar negatiewe kommentaar is.  Julle is kwaad omdat ons sê sy gedra haar soos ‘n slet.  As dit iemand anders se dogter was, wat sou jul familie se reaksie dan gewees het?

Cry wolf, dit is wat dit is.  Soos die 20-jarige van Bellville wie ‘n paar weke gelede ook “verdwyn” het.  Daar word sy die Maandag ook gekry.  Besig met kwaaddoen, maar ons moet almal soek.  Die twee 14-jariges van Kraaifontein verlede week?  Skielik net gesien hulle is gekry, maar ons mag nie weet wat hulle mee besig was nie.  Die polisie, buurtwagte en sekuriteitsmaatskappye moet soek, hul tyd word gemors.  Nee man, nonsense.  Dit kos ons belastigbetalers duisende.  Julle is besig om ons geld en tyd en data te mors.  Ek is sommer goed beneuks vir haar.  Vir hulle almal.

My punt is.  Gaan kry hulp.  Julle het dit nodig.  Hier is ‘n kind wie aandag nodig het, maar dit raak nou ons almal se probleem.  Nee, sorteer julle familie uit.  My magtig.

Daar is genoeg mense in ons land wie weg raak en nooit weer gevind word nie, maar aangesien mense soos hierdie  vals noodkrete uitstuur en aandag soek gaan ons begin om niemand meer te glo nie.

Mevrou, my hart gaan uit na jou, want as my dogter sulke goed oor my kwyt geraak het, sou dit my hart gebreek het, maar dat jy nie eers weet by wie jou kind kamstig oorslaap nie is skokkend, kommerwekkend, angswekkend.

Sterkte met julle pad vorentoe.  Ek hoop regtig julle kan die madam uitsorteer, anders sien ek (en ek weet vele ander mense stem met my saam) ‘n baie moeilike pad vir julle.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *