Fotoresepte

Vandag deel ek so bietjie resepte met julle. Nee nee, dit is nie ‘n artikel oor kos nie, maar hoe om die perfekte foto geneem te kry.

Die resep om hierdie tipe foto te kry:

1. Gebruik ‘n wye hoek lens.
2. Moenie die horisonlyn in die middel plaas nie. Wanneer jy so ‘n foto neem, moet jy besluit of jy die fokus op die landskap of die sonsondergang wil plaas. In hierdie geval die sonsondergang.
3. Dit maak nie regtig saak in watter mode jou kamera gestel is nie, want daar is nie ‘n spesifieke onderwerp waarop jy moet fokus nie. Jy wil alles in fokus hê. Jy moet dus net seker maak jy skiet met ‘n f-stop vanaf F/8 tot F/16 en alles sal skerp en in fokus wees. Pas jou sluiterspoed en ISO aan soos nodig.
4. Baie belangrik, as jy in lae lig skiet moet jy verkieslik gebruik maak van ‘n driepoot.

Die resep om hierdie tipe foto te kry:

1. Maak seker die voorwerp vul die foto en dat die agtergrond uit fokus is.
2. Skiet met ‘n zoom lens – 70-200mm sal goed werk.
3. Maak seker jy is op dieselfde hoogte as die voorwerp.
4. Aperture van F/5.6 sal werk.
5. Fokus op die voorwerp sodat dit jou raam vul en wag dan vir die regte oomblik om die foto te neem. As ‘n mens sit en wag vir ‘n by of ‘n gogga’tjie om te doen wat jy wil hê hulle moet doen, moet jy nogal geduld hê.
6. Maak seker jy neem die foto in die regte tyd van die dag. Die son moenie te skerp wees nie.

 

Die resep om hierdie tipe foto te kry:

1. Jy moet gebruik maak van ‘n driepoot, want jy skiet met ‘n baie stadige sluiterspoed.
2. As jy ‘n cable trigger of ‘n remote trigger het, is dit net soveel beter.
3. Skiet met ‘n zoom lens, ‘n 70-200mm sal goed werk.
4. Maak seker dat jy die vuurwerke lekker inzoom, sodat dit jou raam vul.
5. Ek stel voor jy skiet in manual mode, want jy moet volle beheer oor jou sluiterspoed en aperture hê.
6. Die omliggende lig mag dalk ‘n invloed hê op jou beligting, maar in normale omstandighede sou ek die volgende settings gebruik. Sluiterspoed 4 sekondes, aperture f/11. Neem ‘n toets skoot en kyk of jou beligting reg is. As dit oorbelig is, stel jou sluiterspoed 3 sekondes, toets weer die resultaat.
7. Jy kan in BULB Mode ook skiet. Dit werk ook nogal goed. Die shutter bly oop solank as wat jy die knoppie druk. M.a.w druk die knoppie en hou hom in die oomblik wat die vuurwerk ontplof en los die knoppie wanneer die ligstrepe begin verdwyn. Onthou om so min moontlik te beweeg, omdat beweging die foto sal laat blur.

Eers genoeg vir vandag. Ek hoop julle kon so ietsie leer.

‘n Geseënde week vir elkeen van julle!!

Bernadette Dippenaar

BE Photography

https://www.facebook.com/beweddingphotography/?pnref=lhc

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *