Hoekom Dan ‘n Ander Skool??

Deur Bianca

Dit is die einde van die derde kwartaal en die vraag op almal se lippe vir elke graad 7 ouer is:  Na watter hoërskool gaan jou kind volgende jaar?

Ek staan altyd so treetjie nader wanneer ek hoor iemand vra hierdie vraag, want die antwoorde interesseer my vreeslik.  Paul Roos, Boy’s High, Paarl Gim, Renish, La Rochelle sê baie van die ouers gewoonlik met ‘n vreeslike neusoptrekkerige houding, want jy weet, Durbanville of Stellenberg is tog net nie goed genoeg vir hulle wonder-bloedjie nie.  Hoekom nie?  Omdat dit jou image pas om jou kind in een van die fancy skole te sit?  Sodat jy as ouer beter oor jouself kan voel?  Sodat jou arme kind jou droom as rugby/netball/hokkiespeler moet uitleef, want jy was te sleg?  Ek kry mos dadelik ‘n pyn waar die son nie skyn nie.

Ons het twee uitstekende skole, net hier op ons deurdrumpel.  Hoekom wil jy jou kind voor 6 in die oggend al op ‘n bus sit Paarl of Stellenbosch toe?  Hoekom wil jy jou kind in die koshuis sit?  Hulle is vir so ‘n kort tydjie in jou huis!  Hoekom moet jou kind van sy/haar vriende weggeneem word, sodat hulle jou kan gelukkig hou?  Sodat die WP Rugby Unie hom kan raaksien?  REGTIG??  Is dit deesdae so groot eer?

Die teendeel is al so baie in net ons vriendekring bewys.  Ouers wat kla omdat daar Saterdagaand weereens ‘n partytjie in die Paarl is en Boetie wil gaan, ens.

Miskien is dit net omdat ek van my kinders by die huis hou.  Omdat ek daarvan hou om hulle rond te ry vir hulle sport.  Omdat dit vir my ok is om langs die sportveld te sit en my werk te doen en wanneer Boetie mooi bat en vir hom kan waai.

“Durbanvillers” is mos vreeslik gesteld op Durbanville.  As jy nie jou koek in Durbanville bak nie, eet niemand in Durbanville jou koek nie, maar dit is geen problem om jou kind in graad 8 in ‘n ander dorp te laat koek eet nie.  Nadat jy die skool omgekoop (dit is natuurlik ‘n gesprek vir ‘n ander dag) het om hom tog net in die Voorbereiding se graad R klas te kry, want dit was toe die beste skool vir jou kind.  Wat my altyd verstom is dat hierdie Durbanvillers wat nie ander dorpe se koek wil eet nie, nie eintlik gebore Durbanvillers is nie.  Dit is mense wat van ander dorpe se koeke geëet het en nou hier wil kom vinger swaai en maak asof ons dorpie aan hulle behoort.  Ons wat al ons lewe lank hier woon is baie meer gemaklik.  Ons is fine met ons kids wat DHS of Stellenberg toe gaan.  Nie omdat ons nie beter gewoond is nie, maar bloot omdat ons weet daar is nie beter nie….

Miskien is dit net omdat ek van my kinders by die huis hou.  Omdat ek daarvan hou om hulle rond te ry vir hulle sport.  Omdat dit vir my ok is om langs die sportveld te sit en my werk te doen en wanneer Boetie mooi bat en vir hom kan waai.

4 thoughts on “Hoekom Dan ‘n Ander Skool??”

  1. Dis sad my skat….. dat jy net praat oor wat is die beste vir jou! Al ooit daar aan gedink wat die beste vir jou kind is? Sekere mense is dalk nie “snobs” soos jy dink nie, Maar glo in n verbindtenis en tradisie.. wat jy NOOIT sal verstaan as jy nie daar was nie. Niemand se iets oor jou besluit nie, Maar Jy klink geweldig onseker van jouself as jy ander se besluite moet afkraak. Doen wat jy dink is die beste vir jou kind….. en los die res om dieselfde te doen. Versigtig net om te oordeel, met Kinders hap dit jou gou-gou terug…..

  2. My graad 6 seun leer juis nou van veralgemening en stereotipering in skool. Ek gaan beslis hierdie artikel uitprint sodat hy lekker hersiening kan doen. As ‘n ‘nie-gebore-en-getoë-durbanviller’ … weet ek nie of ek moet welkom of onwelkom voel in ‘julle’ dorp nie, en die oor en weer gekoek etery gee my suiker-hoofpyn. Ek is seker jou bedoeling met die artikel was goed. Nee wat Bianca… spits jou eerder toe op fiksie of gedigte skryf dan. Uiterse swak stuk hierdie… … doen ordentelike navorsing en gooi ons met statistieke en syfers ipv jou beskeie opinie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *