O Wee, DA NEE!!

Deur Bianca

Day Zero, wanneer ek hierdie woorde hoor voel ek naar. Daar is duisende vrae en geen antwoorde. Ek kan onthou jare der jare gelede was daar ‘n TV program. Ek kan nie onthou of dit Carte Blanche of 50/50 was nie, maar daar was ‘n gesprek oor die droogte. Hulle het daardie aand gesê die Wes Kaap gaan ‘n woestyn wees…en dan natuurlik die aardbewing…
Ek het daardie aand na die program gekyk en geglo ons sal okay wees. Ons het mos darem mense wat na ons kyk. Die aardbewing gedeelte het my wel bekommerd gelaat.
Wel, nou sit ons met die droogte. En niemand het niks gedoen nie. Ons sit met waterpunte wat moontlik 21 April in werking gaan tree wat lyk soos iets uit ‘n konsentrasiekamp. Ek is bekommerd oor ons veiligheid by hierdie punte. Hoe gesond gaan almal in die ry wees? Mense gaan nie meer was nie. Listerioses is ‘n realiteit. Air borne germs – en die rioolplase? Ons gaan mekaar soos diere aanval – vir water.
Wat gebeur wanneer ons vir ure in ‘n ry moet gaan staan vir water? Ek lees vanoggend iemand vra op ‘n water wise groep hoe lank hy sy werknemers moet toelaat om water te gaan haal. Almal sê so lank as wat dit hulle sal neem, al is dit heeldag. Ja, ek verstaan dit, maar hoe gaan sy besigheid geld inbring as sy werknemers heeldag in ‘n ry staan?? En wie gaan dan kla as daar nie einde van die maand geld is vir salarisse nie? Iemand daaraan gedink? Skole gaan glo sluit – hoekom?? Kan ons nie maar water skooltoe stuur nie?? Elkeen vir homself, soos dit inelkgeval al vir jare is. Nou gaan ons ekonomie tot ‘n stop kom, ons kinders se onderrig moet stop, en dit oor mense wat op hul louere gerus het en geld in hul sak gedruk het in plaas van nog damme bou, aan maniere dink hoe om nog water te kry?

Liewe Patricia, net Patricia, want ek is vies vir jou. Ek het DA gestem en jy stel my teleur. Jy met jou arrogante houding. Betaal sal Kapenaars betaal. Kyk na die nuwe waterpryse vanaf 01 Feb! Regtig?!? Van net oor die R20.00 na meer as R140.00?? Maar jy het die water levy geskrap. Nonsens, ons betaal ons gatte af vanaf 01 Feb. JY besluit en ons moet inval. JY wat heeldag sit en niksdoen en pose vir foto’s. JY veroorsaak dat hierdie ongelooflike provinsie van ons niks gaan wees nie. JY wat meer worry oor jou skorsing as oor ons? Wie dink jy is jy? Hulle moes jou al lankal onder die gat geskop het, jy moes nooit daar gewees het nie. Nee man, jy is ‘n teleurstelling. Hier is arm mense, Patricia. Arm mense wie alreeds spaar. Ek dink aan my bediende. Sy spaar elke druppel, woon in Bellville-Suid. Sy is ingelig. Sy moet nou Mitchells Plain toe na ‘n waterpunt, sy wil weet of sy lewendig gaan terugkom – aangesien jy ook sukkel om die bendegeweld onder beheer te bring. Wat doen jy aan die taxi’s wat so lekker gewas word in Wallacedene? Was jy jou kar ook daar of was jy dit sommer by die huis? Nou moet ons almal op Day Zero sonder water sit, behalwe almal in Cape Town CBD en informal settlements. Vir wat?? Gaan jy sonder water wees? Nee ou suster, as een sonder water sit moet ons almal sonder water sit. Jy veroorsaak rassehaat, want ons wat nie in informal settlements woon nie wil weet hoekom ons sonder water gaan wees. Ek stem nooit weer vir julle nie – julle het ons in die rug gesteek. Sies.

 

Ek hoop met my hele hart IEMAND gee aandag aan die aardbewing.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *