PINOTAGE, EG SUID-AFRIKAANS!

Deur Unlabelled Mama

Op Saterdag 13 Oktober 2018 vier die wêreld Internasionale Pinotage Dag! Ja, jy het reg gelees, ‘n spesiale dag, gewy aan Pinotage! Pinotage is ‘n rooiwyn, eie en uniek aan ons pragtige Suid-Afrika. Dit is ‘n kultivar (druifsoort) wat gebore is uit ‘n samevoeging van Pinot Noir en Cinsaut. Gaan lees gerus verder oor die ontstaan van Pinotage en Prof Abraham Izak Perold se aandeel daarin by https://bit.ly/2Ry0uNI

Pinotage het gesukkel om sy voete te vind in die wêreld van wyn, maar hy is vinnig besig om die gewildheidsleer te klim na sukses. Oor die afgelope paar jaar het die idee van koffie / sjokolade Pinotage begin om mense te bekoor. Alhoewel hierdie nie almal se “cup of tea / coffee” is nie, is dit beslis iets om te probeer.
Met soveel verskillende style van Pinotage op die rak, en elke wynmaker wat sy unieke stempel probeer afdruk, is daar verseker iets vir elkeen se smaak. Jy kan vanaand jou Pinotage bedien saam met enige iets van ‘n wildsboud tot bobotie en daar is selfs diegene wat reken dat ‘n goeie Pinotage die perfekte pasmaat is vir ‘n bord vars sushi!
Indien jy een van daai mense is wat iets soos Internasionale Pinotage Dag met oorgawe vier is daar genoeg geleenthede waar jy jou passie kan gaan uitleef. Neethlingshof het ‘n 8 km Jeep-track off-road fun-run, met ‘n wyn-proe elke 2 km of besoek Die Groot Plaasproe by Sandringham waar jy onder andere ‘n Biltong en Pinotage Proe kan geniet. Vir ‘n lys van al die Internasionale Pinotage Dag vieringe besoek https://bit.ly/2zXvtw7

Besoek gerus die Crazy Wine aanlyn winkel waar jy Pinotage van ‘n verskeidenheid kelders op die rak sal vind. Kies tussen Simonslvei Lifestyle en Klawer Pinotage vir ‘n Maandag-aand wyntjie of Boland Kelder se Cuppapinochinotage vir die koffie liefhebber. Wanneer jy jou ryk vriende moet beïndruk laai ‘n bottel Doolhof Legends of the Labyrinth Dark Lady in jou mandjie of selfs ‘n L’Avenir Provenance Pinotage.
Ek sluit af met ‘n annonieme aanhaling:
Pinotage has the heart of a lion and the tongue of a woman; after drinking a certain quantity you can talk forever and fight like the devil!
Wat jy ookal op Internasionale Pinotage Dag doen om dit te vier, mag dit wees met ‘n glas goeie Pinotage in jou hand en in die geselsskap van goeie vriende!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *