BURGERD BOTHA SE NUUTSTE STEL NIE TELEUR NIE

Burgerd Botha se debuut solo-album, HARTLAGSIEL, is ’n pragtige kombinasie van ligte akoestiese popmusiek, hartroerende ballades en interessante elektroniese klanke en is in April vanjaar uitgereik. Enkelsnitte soos As jy nog twyfel, Hartlagsiel en Die Sterre het gesorg dat Burgerd se stem oor die afgelope paar maande gereeld oor die radio gehoor kon word en het ook op radiostasies se trefferparades landswyd stelling ingeneem.

Sy musiek nooi jou uit om saam te sing en diep te dink oor die lewe en die liefde en sy nuutste enkelsnit, DEUR VUUR GETEMPER, stel nie teleur nie.

“Elke mens gaan op een of ander tyd in hulle lewe deur ‘n traumatiese tyd. Dit is onvermydelik. Wat wel belangrik is, is om na die omstandighede te kyk as slegs ‘n fase wat jou suiwer en dat dit jou gaan vorm om sterker te word. Dit is die simboliek agter die liedjie en vandaar ook die titel, DEUR VUUR GETEMPER”, sê Burgerd.

Hierdie nuwe enkelsnit en die musiekvideo vir hierdie enkelsnit is beide gister bekendgestel.

Die musiekvideo is deur Christiaan Wolf van Brickwolf vervaardig en op ‘n afgeleë area in Gauteng geskiet.
“Aan die begin van die video wys dit hoe dit dalk mag lyk asof ek alles verloor het. Deur die loop van die video wys ek hoe ek opstaan en myself nie laat definieer deur die ervarings wat ek gehad het nie. Ek skud die stof van my af en beweeg aan om my doel op aarde te bereik soos my Hemelse Vader dit vir my beplan het”, sluit Burgerd af.

Kyk die video hier:  https://www.youtube.com/watch?v=tJse1hemqgc

Die album is op die volende digitale platforms beskikbaar:
iTunes:

https://itunes.apple.com/us/album/hartlagsiel/1372598733?app=itunes&ign-mpt=uo%3D4

Google Play Music:

https://play.google.com/store/music/album/Burgerd_Botha_Hartlagsiel?id=Bhfyeuw63xyf2ypsg7vybi5ctzu

Amazon:

https://www.amazon.com/gp/product/B07C6X4BBN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *