Desmond Marks, die man wat Durbanville en Facebook aan die gons het

Wendy Brymer, die naam is moontlik nie so alombekend nie, maar as ek sê wie sy is sal julle dadelik weet.  Sy is die vrou wie elke oggend  oor die pad gehelp word op die hoek van Hoof & Queen straat, Durbanville.

Ek het met haar gaan gesels oor hierdie man en die hulp elke oggend.  Wendy voel die aandag moet nie op haar gevestig word nie.  “Desmond is ‘n unieke persoon wat altyd daar is om te help.  Ek weet al dit is hy, want ek ken hom uit aan sy voetstappe, hy vat my arm en sê nie ‘n woord nie.  Help my net oor die pad.” Sy glimlag elke oggend groot en groet hard en duidelik en dan ‘n stil, nederige “môre Ma” van Desmond.

Hy is ‘n man van min woorde en het eenmaal uit sy eie teenoor haar oopgemaak na ‘n jaar van oor die pad help.  Dit was begin November 2016 toe hy net sag vir haar gesê het:  “dis môre my verjaardag, Ma.”

Selfs Wendy se gidshond, die swart Labrador Lucy, het Desmond van die begin af as deel van hulle oggendroetine aanvaar en is skynbaar net te dankbaar vir die hulp oor die besige kruising.

Ek was bevoorreg om Desmond, of Koejaweltjie soos hy in die gemeenskap bekendstaan,  vanoggend te ontmoet.

Hierdie nederige man is elke oggend 03.15 gereed wanneer die Rapport trokkie voor sy huis stop.  Hy verkoop koerante en help die blinde vrou elke oggend 07.40 oor die pad.

Desmond Marks (53) van Elsiesrivier.  Enkelpa van Deon (27) en Christopher (23).  Met die vraag, Enkelpa? Jou seuns is dan al uitgegroei, was sy antwoord dat ‘n pa altyd ‘n pa is, maak nie saak hoe groot die kinders raak nie.

Dankie Desmond, ons is bevoorreg om mense soos jy in ons gemeenskap te hê, iemand wat niks wil terughê vir sy goeie dade nie.

13 thoughts on “Desmond Marks, die man wat Durbanville en Facebook aan die gons het”

  1. Hy ken my nie maar wel my kar en ek word elke oggend as ek klaar gegym het met n wuif gegroet en as ek dalk te vinnig is maak hy seker ek sien hy waai in my tru spieeltjie..

  2. Dis so waar. Ek ry elke oggend verby hom nadat ek my vrou by die poskantoor afgelaai het tussen 6.45 en 7.00. Sal hy altyd beleeft groet al is ek nie een van sy kliente nie. Thumbs up for Desmond

  3. Ek is ‘n skoolkind van Durbanville Hoërskool en elke oggend as ek verby hom ry met my motorfiets groet hy my met ‘n brieë smile. Hy is rerig ‘n baie aangename persoon.

  4. Ek werk in Queen Street, net op daardie hoek en ek sien hom elke oggend. Met al die slegte dinge wat tans in durbanville aan die gang is, is dit so lekker om hierdie tipe stories te lees. Daar is nog goed in die wêreld.

    1. Ja ja ja Desmond. My hart blom. Hy ken my nie en ek ken hom nie. Maar elke oggend groet hy asof hy net vir my kar se verbyry gewag het. Hierdie storie maak ons almal se harte warm. Hoekom? Want die liefde wen altyd. Dit kos niks nie, verwag niks nie, vra niks nie, verdra almal, help almal, groet almal. Hy stop tot die verkeer vir n egiptiese gaans familie wat elke dag oor die pad stap.
      Geloof is daar baie in Durbanville.
      Hoop is daar baie in Durbanville
      En die belangrikste is liefde in Durbanville.
      Mag ons almal leer by Desmond in Durbanville en ons ook die liefde meer in ons gemeenskap lewe. Ongeag waar jy bly of wie jy is maak verskil in iemand se lewe.
      Welgedaan Desmond. !!

  5. Ja, is soos die boek sê: Dat jy ‘n man nie op sy baadjie moet takseer nie.
    Is in die lewe genoeg al deur ordentlike mense, goeie christene, teleurgestel.
    Ook heel dikwels aangenaam verras deur skarmunkels. Wag maar voor jy ‘n mens klas.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *