Maak Jou Hart Oop Vir Eduan

Eduan van Gaalen is ‘n 10 jarige seuntjie van Durbanville wat diep in baie manse se harte gekruip het met sy groot glimlag.
“Eduan is op die outitiese spektrum en daarom kan hy nie in ‘n gewone opset of skool funksioneer nie” sê sy ma Annelize van Gaalen.
Hy is tans by SNAP (Special Needs Adapted Program) in Durbanville, waar hy elke dag individuele tutoring ontvang. Eduan kan nie in ‘n klas opset leer nie en daarom het hy individuele onderig nodig. Hierdie spesiale onderig asook sy ander terapie, soos musiek terapie en perdry, het ‘n baie groot finansiële impak op sy ouers.
Sy oom, Barry Hugo, is maar net een van vele familielede in wie se harte Eduan diep ingekruip het en wat besluit het om deur sy deelname aan die Cape Epic iets te doen om te help.
Daar is 20 dae oor om hierdie projek te voltooi en hul teiken bedrag is R30 000.00, maar staan tans op R8 200.00
Volg die skakel https://www.givengain.com/ap/snap_eduan om ook te help geld insamel vir Eduan se onderig projek.
Kom ons help om ‘n verskil in hierdie oulike kind se lewe te maak!!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *