Durbanville Onderwysers Vat Leerders Aan

Onderwysers van Hoërskool Durbanville het gistermiddag leerders op die sportveld aangevat.

‘n Krieketwedstryd het om 15h00 begin waarin die Onderwyserspan die Eerste XI Krieketspan met 5 paaltjies geklop het.

Die Onderwyserspanne het met die louere weggestap nadat die Netbal Onderwyserspan die Eerste VII Netbalspan geklop het 27-20.

Baie geluk aan al die spanne! Dit was lekker om te sien hoe onderwysers en leerders saam kan lag en deelneem. Die toeskouers langs die veld het dit terdeë geniet. Ek glo gistermiddag het vir fantastiese spangees gesorg.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *