‘n Fees Van ‘n Dag By Diemersdal

Saterdag 11 Maart was weer die jaarlikse Durbanville Plaasfees by Diemersdal Landgoed. Hierdie jaar herdenk die 10de Plaasfees en ek kan amper nie glo hoe dit gegroei het van die beginjare toe ons nog almal op die grasperk voor die proekamer kon parkeer het nie!!
Weereens het NG Bergsig Gemeente in Durbanville hulself oortref met ‘n Plaasfees wat vir niks skrik nie. Massas stalletjies met iets vir elkeen. Elvis Blue se vertonings het almal betower

Die “Slangman” van Giraffe House het almal laat gril

En die magdom ritte vir die kinders het gesorg dat die jongeres ‘n vroeë aand gehad het.

Slegs die kalfies, skape en hoenders het saam fees gehou.

Diemersdal se Sauvignon Blanc 2017 was weereens ‘n groot treffer onder die feesgangers

en die Sauvignon Slushies het gesorg vir ‘n koel lafenis in die hitte.

Van outydse gemmerbier, plaasvars groente en vrugte, fotorame, klere, juweliersware, roomys, pannekoek, hardeware uitstalling, basaarpoeding en vele meer is die R50 toegangsfooi vir volwassenes en R20 vir kinders onder 17 definitief elke sent werd. Dit is ‘n dag vir lekker saamkuier met vriende en kinders wat kan rondhardloop na hartelus.
Ons sien uit na Durbanville Plaasfees 2018!!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *