Dit is weereens ‘n besige krieketnaweek en amper die einde van die seisoen. Hier is ‘n paar gebeurtenisse by DCC (tuis & weg). Gaan ondersteun ons klub, daar is oudergewoonte ‘n heerlike braai en drinkgoed te koop.
Môre is die o/12 Night Bash toernooi en dit begin alreeds 14h15 môre middag.
Verskeie klubs en skole speel by Durbanville.
Die 1ste & 2de spanne begin Saterdag met dag 1 van hul 2dag wedstryde
Eerste span speel teen St Augustines (weg) en Tweede span teen Claremont (tuis) A veld.
Die Derde span speel ‘n weg wedstryd by Montrose’s in Observatory
Die Vierde & Vyfde spanne speel ‘n Derby wedstryd teen mekaar (tuis) B veld.
Sesde span speel weg teen Milnerton.
Inligting verskaf deur Mike Brown