Hoërskool Durbanville Nuus

DURBANVILLE RUGBYDINEE
Durbanville Rugby se jaarlikse Rugbydinee is alweer om die draai.

Op 17 Mei 2017 kuier ons saam by Eensgezind. Daar is slegs enkele tafels oor, so bespreek so spoedig moontlik.

Andries Vermeulen is die seremonimeester en die aand beloof om talle bekende gesigte te hê. ‘n Heerlike ete en lekker samesyn, maak hierdie ‘n aand wat mense nie kan misloop nie.

Kom geniet die aand saam met die Durbie-familie.

STIGTINGSDAG
Vrydag 17 Maart 2017 – Durbies vier Stigtingsdag.

Hierdie tradisie is ‘n jaarlikse instelling by die Hoërskool Durbanville, waar leerders hulde bring aan die stigters van die skool sowel as diegene wat voor ons die Durbanville baadjie met trots gedra het.

Ons is #TrotsDurbanville

Inligtig saamgestel deur Freddie Brooks: Hoof: Sport & Bemarking

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *