Stellenberg Matrikulant Blink Uit In 7’s

Angelo Davids, ‘n matrikulant van Hoërskool Stellenberg, het op die sportveld al soveel sukses behaal dat ons dit net moet deel met ander.

Die nuutste groot nuus is dat Angelo gekies is vir die SA o/18 Sewes span vir ‘n toernooi in Namibië (Windhoek). Hulle het as wenners van die Internasionale Sewestoernooi in Namibië teruggekeer. Hulle het al hulle wedtryde gewen en Angelo het 6 drieë in die toernooi gedruk.

Baie geluk Angelo!

Saamgestel deur Anne Lombard – Stellenberg Hoërskool
Fotokrediet: Stellenberg Hoërskool

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *