Ons Gesels Met Die Heuwels Fantasties!

Een van die voordele van my werk is dat ek geselsies kan maak met mense soos die manne van Die Heuwels Fantasties. Hierdie gewilde Suid-Afrikaanse pop-groep is van ons area en ‘n groot inspirasie vir jonk en oud.
Hulle tree môre-aand (Vrydag 31 Maart) op by die Taalmonument. Gaan kyk gerus vir beskikbare kaartjies (R140), jy is welkom om jou eie piekniekmandjie te neem of jy kan een bestel by tel. 021-863 2800.
Leer hulle beter ken:

Wie is Die Heuwels Fantasties?
Fred, Hunter, Pierre en Sheldon is die Heuwels.
Van waar die naam?

Dis ‘n verwysing na die plek waar ons vandaan kom nl. die heuwels rondom Welgemoed en Durbanville.
Watter bands/sangers is julle gunstelinge (wie is in jul cd versameling?)
Bruce Springsteen, Arcade Fire, The Strokes, Everclear, Neiked, Lucas Maree, Coenie de Villiers die lys gaan aan en aan.
Verteenwoordig sekere liedjies sekere tye in julle lewe?

Ek dink elke album is soos ‘n snapshot van die tyd toe ons dit gemaak het en hoe ons gevoel het op daardie stadium.
Die Heuwels Fantasties is meer kommersieël as van julle vorige groepe. Vind julle dat Suid-Afrikaanse radiostasies meer toeganklik is as jy ‘n produk bemark wat ‘n groter demografie teiken?

Die Heuwels probeer musiek maak vir almal en waarmee meeste mense in SA kan relate. As ons dit regkry het ons geslaag…hoe meer mense dit geniet en saamjol en hoe meer mense ons positief kan raak, hoe beter!
Het die digitale spasie ‘n verskil gemaak in hoe julle julle musiek bekendstel?

Ons eerste liedjie in 2008 was gratis op die web vrygestel en kort daarna ‘n flashdrive EP vir kersfees nl Pille Vir Kersfees. So ja, van die begin af was dit vir ons ‘n ding en dit bly steeds van kardinale belang dat almal ons musiek op die maklikste manier moontlik kan bekom en geniet!
Waaraan werk julle tans?

Ons nuwe album ok word tans vermeng hy is uit 5 Mei en sy naam is OKAY! 👌🏿
Is dit harde werk om ‘n “normale” lewe te probeer lei met jul leefstyl? Hoe kry julle dit reg/probeer dit regkry?

Die reis maak dit moeilik en ons werk op naweke, maar ons maak maar net Maandag en Dinsdag ons naweek.
Julle het al liefdadigheidskonserte gedoen, People Living With Cancer. Is daar ‘n persoonlike ooreenkoms?

My ma Linda Greeff is die stigter. Hulle doen amazing werk en ons probeer jaarliks iets vir hulle doen.
Boodskap aan die jonger geslag.

Boodskap vir almal: “take it easy, but take it”
Skoolkinders is definitief groter Afrikaanse musiek fans as toe ek jonk was, vind julle dit nogsteeds moeilik om “naam” te maak in die bedryf?

Met die internet is dit nou makliker as ooit om jou musiek gehoor te kry ..just go for it, is my advies en vind jou eie unieke stem. Dis die belangrikste.
Dis Ghoema, dis MK, dis SAMA. Hoe voel julle wanneer julle wegstap met hierdie toekennings?
Toekennings is net belangrik wanneer ons aanhangers stem en hulle dus direk dit vir ons gee. Dit voel altyd lekker…soos die bus wat ons gewen het by MK Awards, gebruik daai voertuig steeds daagliks in ons beroep! Amazing!
Julle is een van Suid-Afrika se mees suksesvolle bands. Gaan dit met tye bietjie kop toe?

Ons maak musiek, dis ons funksie in die samelewing en ons passie, so dit is die krux…hopelik geniet mense dit.
Julle tree die 31ste Maart op by die Taalmonument. Ons weet almal die Kaapse weer is hierdie tyd van die jaar tempramenteel, hoe gemaak as die wind erg waai en dit reën?

As die wind waai of dit reën gaan ons aan, maar die weer lyk goed so sien julle daar Vrydag!

Luister hier na Sonrotse:

 

https://youtu.be/oha3FG-HZLI

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *