Incredible Illusions By V&A Waterfront

Langnaweke kan ekstra lank langnaweke raak indien jy nie weet wat om te doen om die kinders besig te hou nie.  Weereens is die V&A Waterfront vol aktiwiteite om groot en klein te vermaak.

Een van hierdie aktiwiteite is Incredible Illusions.  Hierdie kunsuitstalling is genoeg om kinders van alle ouderdomme vir tenminste 1.5 uur besig te hou. Na die uitstalling kan jy jou eie kreatiwiteit uitleef by Artjamming (ingesluit in kaartjieprys)

Daar is ook ‘n opvoedkundige area wat die kort storie van “sypaadjie kuns”vertel en ook hoe geometrie ‘n belangrike rol in 3D kuns speel.

Geen kontant word by die ingang aanvaar nie, maar kaartjies kan deur Webticket en enige Pick ‘n Pay gekoop word. Pryse wissel van (weeksdae) R135 per volwassene (18+) en naweke en vakansies R180pp.  Kinders (6-17) weeksdae R100 pp en naweke en vakansies R120pp.  Jonger as 6 gratis toegang.

Kyk asb. na hul webtuiste vir meer inligting http://www.waterfront.co.za/events/Family/incredible-illusions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *