Durbies Presteer Op Alle Gebiede

DURBIES RUGBY
Ons Rugbyseuns het goed gevaar by die onlangse Wynberg Rugbyfees.

Durbanville se o/15A rugbyspan het Oakdale met 18-17 geklop en dit opgevolg met ‘n 69-5 wen teen Upington.

Die o/16A rugbyspan het SACS met 14-7 geklop en op die laaste dag met 40-5 geseëvier teen Upington.

Baie geluk seuns, ons is trots op julle.

DURBIES TENNIS PRESTEER
Die Hoërskool Durbanville se tennisspelers het vanjaar puik presteer.

Die Seuns Eerste-, Tweede- en Vierdespanne het almal hul liga’s gewen. Hoërskool Durbanville het vanjaar ses WP tennisspelers opgelewer.

Baie geluk aan elkeen van ons Durbie tennisspelers, ons is trots op julle!

DURBIE SWEMMERS PRESTEER IN DIE BAAI
Die Hoërskool Durbanville se swemmers het goed gevaar by die onlangse SA Kampioenskapsgala in PE.

Die Durbies het as volg presteer:
Vlak 3
Minka Liebenberg – 2x goud, 2x silwer, 2x brons
Migael Olivier – 1x silwer
Mieke Burger – 1x silwer
Tinke Brink – 1x silwer, 1x brons
Vlak 2
Talitha van der Walt – 1x brons

Baie geluk aan al ons Durbie swemmers, ons is trots op julle!

DURBIE PRESTEER IN MUSIEK
Baie geluk aan Maja Smith (graad 10) wat uitstekend presteer het gedurende die 2016 UNISA musiekeksamens. Sy behaal 100% vir die graad 3 teorie eksamen en ontvang daarmee ‘n Hennie Joubert Meriete toekenning van R780!

Slegs die top 2 kandidate per graad word in aanmerking geneem vir hierdie toekenning.

Baie geluk Maja, ons is trots op jou!

 

Inligting saamgestel deur Freddie Brooks:  Hoof – Sport& Bemarking

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *