Durbies Presteer Alweer!!

DURBIES PRESTEER IN MUSIEK
Baie geluk aan Mieke de Wet (graad 10) en Matthys Carstens wat uitstekend presteer het gedurende die 2016 UNISA musiekeksamens. Mieke behaal 100% vir die graad 3 teorie eksamen en ontvang daarmee ‘n Hennie Joubert Meriete toekenning van R780! Matthys het behaal 90% vir sy graad 8 klarinet-eksamen en 89% vir die graad 6 teorie eksamen en ontvang ook ‘n Hennie Joubert Meriete toekenning van R1190.
Slegs die top 2 kandidate per graad word in aanmerking geneem vir hierdie toekenning.

Baie geluk aan Maja Smith wat uitstekend presteer het gedurende die 2016 UNISA musiekeksamens. Maja behaal 100% vir die graad 3 teorie eksamen en ontvang daarmee ‘n Hennie Joubert Meriete toekenning van R780.00

Baie geluk Durbies, ons is trots op jou!

#TrotsDurbanville

Foto: Musiekpresteerders
v.l.n.r. Matthys Carstens en Mieke de Wet
Foto: Maja Smith

 

DURBIES PRESTEER IN WISKUNDE UITDAAGKOMPETISIE
Vyf leerders van die Hoërskool Durbanville het onlangs aan die Universiteit van Kaapstad se Wiskunde Uitdaging deelgeneem. Altesame 8 500 hoërskoolleerders het aan die eerste ronde van die UCT Wiskunde Uitdaagkompetisie deelgeneem. Die beste 250 leerders (50 per graad) het deurgedring na die tweede ronde, waarvan sowat 200 opgedaag het om dié strawwe vraestel te beantwoord.

Die Durbies wat deurgedring het tot die tweede ronde is:
Klia Verster en Anja van der Merwe
Kayla Lourens en Ineke Wegman
Phillip Swart

Hierdie is die tweede agtereenvolgende jaar dat Phillip en Kayla tot die tweede ronde deurdring.

Phillip Swart het vanjaar weer puik presteer en gevorder tot die derde ronde.

Baie geluk Durbies, ons is trots op julle.

#TrotsDurbanville

Foto: UCT Wiskunde Olimpiade
v.l.n.r. Klia Verster, Kayla Lourens, Phillip Swart, Ineke Wegman, Anja van der Merwe

DURBIES NETBAL PRESTEER
Hoërskool Durbanville se netbaldogters het vanjaar puik presteer en is vergoed met hul opname in die Cape Town High Schools Netball spanne. Vanjaar het Hoërskool Durbanville altesaam 17 dogters in die CTHSN spanne en 9 dogters in die Wes-Kaap Netbalspanne opgelewer.
Baie dankie aan ons afrigters vir hul harde werk en ons ouers vir hul volhoue ondersteuning.

Baie geluk aan elkeen van ons dogters, ons is trots op julle!

#TrotsDurbanville

Foto: Netbal WP en Wes-Kaap
Agter v.l.n.r. Melissa Blaauw, Anna-Marie van Niekerk, Courtney Hickson, Kaylen O’ Neill, Jannah Smith, Michané de Villiers, Chané Tredoux, Inge Botes, Euné van Gaalen, Gillian Fortuin
Voor v.l.n.r. Zeanne van As, Runé du Plessis, Silke Hellman, Nicola Smith, Martelle Smith, Élan Stoffberg, Ansley Solomons

Inligting verskaf deur Freddie Brooks: Hoof Sport & Bemarking

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *