Mishandeling – Vrouens Nie So Onskuldig

Bewustheidsveldtogte oor fisiese mishandeling is aan die orde van die dag en daarmee vind ek geensins fout nie. Dit gebeur tè gereeld en hoe meer ons daarvan bewus is, hoe beter. Wat my wel ontstel is dat daar nie juis veldtogte vir die bewusmaking van emosionele en verbale mishandeling is nie, hoe gereeld dit voorkom en ook wat as die norm beskou word en hoe baie mans die slagoffers is (veral van emosionele en verbale mishandeling).

#maybehedoesnthityou (maybe he doesn’t hit you) op Twitter is die eerste veldtog wat bewustheid oor emosionele en verbale mishandeling kweek en dis sommer hoogtyd. Met die veldtog tweet meisies oor hul eie emosionele en verbale letsels. Terwyl ek so deur die tweets lees, besef ek iets met ‘n skok en ek sê dit met alle respek en versigtigheid, want ek wil nie devil’s advocate speel nie. Eerstens, ek is self ‘n boeremeisie en baie trots op my taal en kultuur en tweedens, omdat ek nie wil stereotipeer nie. Hier moes ek aan myself erken (en selfs terwyl ek besig is om dit te tik voel dit of ek my kultuur verraai) dat baie Afrikaner mans en ook vrouens hieraan skuldig is. Ons kultuur het dit lank toegelaat dat ‘n man ‘n vrou “verbaal en emosioneel mishandel”. Die gevolg hiervan is dat die bordjies verhang is en vrouens die wyse van kommunikasie aangeleer het.

 

 

 

 

 

 

Meeste veldtogte is meer gemik vir die bewusmaking van mishandeling teen vroue en kinders. Ek het nog nie op ‘n veldtog afgekom waar mans as die slagoffer i.p.v. die oortreder voorgehou word nie, maar wel hier  https://www.youtube.com/watch?v=gOyrYThlOag op ‘n sosiale navorsingstuk oor fisiese mishandeling in die publiek en mense se reaksies teenoor die vrou wat die slagoffer is teenoor die man wat die slagoffer is. Dit was skokwekkend om te sien dat die omstanders baie vinnig was (wat absoluut reg is) om die vrou te verdedig en die man aan te vat, maar die oomblik wat die man die slagoffer was het mense eenvoudig net verby geloop.

Sommige lag selfs vir hom, noem hom ‘n swakkeling en sê hom sleg omdat hy homself nie verdedig nie. Ander het selfs saam met die vrou die man, met die plathand, begin slaan.

Nou vra ek julle met trane in my blou oë, as dit die mensdom se reaksie is wanneer dit by die waarneembare aksies en fisiese mishandeling van mans kom, hoeveel te meer gaan ons nie onsself blindstaar vir emosionele en verbale mishandeling nie? Hoeveel te meer gaan ons nie lag as ‘n volwasse, huilende man voor jou sit en hardop belei dat sy vrou hom emosioneel en/of verbaal mishandel nie? Die ander bitter pil om te sluk is dat baie vrouens, sonder dat hulle dit self agterkom, die oortreder van emosionele en verbale mishandeling is.

https://www.google.co.za/url?sa=t&source=web&rct=j&url=https://m.youtube.com/watch%3Fv%3DR6oFNEoyub0&ved=0ahUKEwiq7oC9oZrUAhWpAMAKHak1C3oQo7QBCCgwBw&usg=AFQjCNHmBbdx4M2h5kPT-x_YewlvzrTlzA
Mans word grootgemaak op idees soos “cowboys dont cry” en “mans mag nie huil nie”. As gevolg hiervan is mans geneig om stil te bly oor hul gevoelens en sensitiwiteit en so ook is dit vir hulle moeilik om te erken (ook aan hulself) dat dit hul realiteit is.

Enige vorm van mishandeling is absoluut onaanvaarbaar, maar ons moet ongelukkig besef dat letsels en bloukolle baie makliker genees as selfbeeld, selfwaarde, denke en identiteit. Die wyse waarop ons met ons ander helfde kommunikeer is ongelukkig ook die manier waarop ons met ons kinders praat. In ‘n generasie waar vrouens mans se gelyke is, vrouestudies so gewild is en vrouens absolute vryheid van spraak geniet, moet ons besef dat as ons nie ons wyse van kommunikasie (verbaal, emosioneel en nie-verbaal) dophou nie, ons ‘n gebroke generasie i.p.v ‘n sterker een opvoed.

Ek het in ‘n vorige skrywe gerig, en dis hier vir my soveel meer van toepassing. ”Dink altyd twee keer voordat jy iets sê en dan sommer ‘n derde en vierde keer ook. Redeneer baie krities met jouself of dit opbouend of eerder afbrekend, wat net beter vermom, is. Vra jouself af of dit wat jy wil sê rêrig nodig is? Gaan dit enige negatiewe emosionele effek op jou hê as jy dit nie sê nie?” Let op met watse intensie en op watter wyse jy die dinge sê wat jy sê. Wees altyd bewus van jou manier van kommunikeer.

As jy meer wil weet oor emosionele en verbale mishandeling gaan lees op die volgende webblaaie of gaan praat met iemand as jy dink dis die geval in jou omstandighede.

Anel Swanepoel

Sielkundige Berading

http://www.liveboldandbloom.com/11/relationships/signs-of-emotional-abuse

https://www.healthyplace.com/abuse/emotional-psychological-abuse/emotional-abuse-definitions-signs-symptoms-examples/

https://www.psychologytoday.com/blog/traversing-the-inner-terrain/201609/when-is-it-emotional-abuse

https://www.psychologytoday.com/blog/the-mysteries-love/201503/15-types-verbal-abuse-in-relationships

https://www.healthyplace.com/abuse/verbal-abuse/verbal-abuse-signs-and-symptoms-cause-emotional-pain/

http://www.prevention.com/sex/verbal-abuse

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *