Vir Die Liefde Daarvan En Geld Is ‘n Bysaak

Wanneer mens iets uit die liefde daarvan doen bly dit lekker! Soveel te meer iets waaruit jy soveel vervulling kry. Net omdat jy geld daarvoor vra beteken nie jy is bemoei met geld nie. Die vraag is net: hoeveel geld is genoeg?

Om oor geld te praat is vir meeste van ons die meeste van die tyd nie die gemaklikste onderwerp nie. Miskien ‘n regstelling – in ons binneste kan ons gemaklik daaroor dink, maar om ons denke te deel voel ongemaklik. Wat as ek heeltemal die merk mis? Wat as ek my pakket oorskat? Wat as ek die mark misgis? Wat as ander met my verskil? Jy voel dalk in jouself verseker oor die kwaliteit van jou produk, maar jy is onseker oor hoe ander dit gaan ontvang…

Die geld-saga het ‘n paar dimensies. Die verskaffer en die verbruiker kan of waarde vir geld of teleurstelling beleef. Ek wil graag vandag se stukkie so skryf dat beide fotograwe sowel as bruidspare kan baat vind.

Die eerste vraag wat deur enige bruid gevra word is, “Hoeveel is jou trou pakkette?”

As ek aan getroude paartjies vra hoeveel hul spandeer het op hul trou fotografie, kry ek gewoonlik 1 van 2 antwoorde:
1. Bietjie bo ons begroting, maar dit was elke sent werd.
2. Die gesegde goedkoop koop, is duur koop, was toe waar. Ons is glad nie gelukkig met ons foto’s nie.

Die fotografie industrie, is in my opinie, baie ongereguleerd. Dit plaas geweldige verantwoordelikheid op die bruid om te verseker dat sy verseker is van goeie kwaliteit.
“Profesionele fotograwe” het al vir my as second shooters gehelp en dan is daar 10 bruikbare foto’s uit ‘n volle 8 ure se fotografie. As ‘n profesionele fotograaf, is dit vir my skokkend en angswekkend om te dink dat ‘n bruid se troue op een of ander stadium in die hande van hierdie persoon sou wees.

Eerstehandse ondervinding het my geleer dat dit ‘n risiko is om fotograwe te huur wat goedkoper as die mark standaard is. Dit lei tot die vraag: wat is die mark standard?

Ek raai altyd aan dat fotograwe die SAFREA Standaard tarrief as maatstaf gebruik (Southern African Freelancers Association). Dit gee jou min of meer ‘n riglyn van redelike tariewe, maar gaan jou nog nie waarborg dat jy kwaliteit foto’s kry nie.

http://www.safrea.co.za/system/asset/file/142/SA_FREELANCE_MEDIA_INDUSTRY___RATES_REPORT_2016.pdf

‘n Idee van funksie fotografie tariewe is byvoorbeeld:

-8 Ure fotografie (primêre fotograaf) R5000- R6000
-8 Ure fotografie (sêkondere fotograaf) R1000+
Editing R250 – R450 per uur (editing per troue kan 24-48 ure neem as jy nie batch process met presets nie)
Dropbox R2 per MB
-Brandstof word gewoonlik bereken op R4.50 (minimum) per kilometer, onthou om retoer uit te werk.
-Ontwikkeling van foto’s is ekstra, sowel as die druk van foto albums ensovoorts.

Onthou, ervaring maak ‘n verskil aan prys. Baie studente het regtig vreeslik baie talent, maar om ‘n troue af te neem is ‘n baie ander situasie wat druk en pas betrek. ‘n Ervare fotograaf ken die tydlyn van ‘n troue nog voordat jy dit vir hom/haar gee, inteendeel, ons help menige bruide om die tydlyn saam te stel. Net ervaring laat jou instinktief optree wanneer iets fout gaan. Jy weet waar jy moet wees en wanneer. Jy ken die vloei van die dag en jy dink vinnig. BAIE VINNIG. Daar is geen 2de kanse nie, of jy kry dit die eerste keer of jy mis ongelukkig die oomblik.
Behalwe vir die tyd wat ‘n profesionele fotograaf by jou funksie spandeer, is daar editing. Neem dan ook ingedagte hul gereedskap, sagteware, bemarking, versekering ens. Kameras en sagteware moet gereeld gediens en opgradeer word.

Ek verstaan dat, veral in ons huidige ekonomie, baie paartjies eenvoudig net nie beskik oor die vermoë om baie geld te spandeer op fotografie nie. Ek glo daar kan altyd ‘n middeweg gevind word en meeste fotograwe bied alternatiewe pakkette met minder ure of minder foto’s of afbetalings opsies. (en nee: om oor die editing van foto’s te onderhandel is NOOIT ‘n opsie nie!)

Bruide: ek sê glad nie dat alle ‘goedkoop fotograwe’ nie weet wat hulle doen nie, daar is altyd die uitsondering op die reël. Sommige peper duur fotograwe is ook nie die sous werd nie!

Al wat ek maan, doen jou huiswerk goed. Vra om ‘n volledige troue te sien en nie net die 10 beste foto’s in ‘n album op ‘n webblad nie. Ons almal wys ons beste werk eerste. Goeie verwysings is natuurlik ‘n groot plus.
Kies iemand met wie se styl, persoonlikheid, prysklas en menswees jy totaal gemaklik is.

Fotograwe: know your worth and stand your ground. Die mark word tans gemanipuleer deur amateurs en vryskut fotograwe wat slegs ‘n ekstra inkomste wil genereer. Hierdie elemente word uit die mark fasseer soos blapsies gemaak word.

Volgende week deel ek wenke oor trou fotografie, sommer so bietjie van alles.

Bernadette Dippenaar

BE Photography

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *