Trou Fotografie Wenke

Vandag deel ek so paar algemene trou fotografie wenke met julle. Van die punte is reeds behandel in my vorige artikel, maar so belangrik dat dit nie uitgelaat kan word nie.
Volgende week deel ek die shooting list met julle. Wat is die kritiese oomlike wat jy MOET afneem.

TROU FOTOGRAFIE WENKE:

1. DRA GEMAKLIKE SKOENE
Jy gaan vir 8 ure en meer op jou voete wees, so plat skoene of stewels is die mees praktiese besluit.

2. AANTREK KODE
Funksie fotografie vereis dat jy swart dra en altyd netjies en profesioneel vertoon. Jou klere moet gemaklik wees, sodat jy met gemak kan hurk of op ‘n leer kan klim.

3. HUUR ‘N SECOND SHOOTER
Jy gaan nie net sekuriteit hê nie, maar ook ‘n groter verskeidenheid foto’s.

4. HUUR ‘N TWEEDE KAMERA AS JY NIE TWEE HET NIE
Een nagmerrie wat jy nie wil ervaar nie, is wanneer jou kamera “ERR” wys en jy het nie ‘n back-up body nie.

5. HUUR ‘N EKSTRA FLITS AS JY NIE TWEE HET NIE
‘n Flits wat ingee op die onthaal is ‘n tragedie; sonder daardie ekstra beligting kan jy met baie grein donker foto’s opeindig.

6. GENOEG BATTERYE
Sorg dat jy genoeg batterye het vir jou kamera, sowel as jou flits. Pak ook jou herlaaier met ‘n twee-punt kragprop in.

7. GENOEG GEHEUE KAARTE
Sorg dat jy altyd genoeg geheue kaarte byderhand het – jy weet nooit hoeveel gaan genoeg wees nie.

8. GEHEUE KAART HOUER
Belê in ‘n geheue kaart houer, wanneer ‘n kaart vol geneem is, bêre hom met sy gesiggie na onder. Dit is ‘n maklike en veilige manier om te keer dat jy nie per abuis ‘n kaart format wat foto’s van daardie dag op het nie.

9. KEN DIE VENUE
As jy nog nie vantevore by die venue gewerk het nie, sorg dat jy vroeër by die funksie is, sodat jy ‘n terrein inspeksie kan doen. Beplan waar jy wat gaan afneem en hou die tyd van die dag in gedagte.

10. KONTRAK
Sorg dat jy ‘n kontrak in plek het, nie net om jouself te beskerm nie, maar ook die bruidspaar.

11. FAMILIE FOTO LYS
Vra vir ‘n lys met name van direkte familie wat afgeneem moet word tydens die familie foto’s.

12. MEMORISEER JOU SHOOTING LIST
Hierdie is die foto’s wat op elke troue geneem moet word. Na jare in die industrie kom dit natuurlik, maar as beginner moet jy hierdie lys so gou moontlik memoriseer, jy kan nie met lysies papiere op ‘n troue rondloop nie.

13. ONTHOU DIE DETAIL
Elke stukkie dekor, blommetjie, juweliersware ensomeer is met sorg deur die bruidspaar uitgekies. Maak seker om alles af te neem.

14. DIE SEREMONIE
Praat vooraf met die dominee oor die moet en moenies tydens die seremonie. Elke kerk het hul eie voorkeure.

15. NATUURLIKE OOMBLIKKE
Probeer die natuurlike oomblikke vasvang. Ek is nie ‘n groot voorstaander om almal en alles te posisioneer voor jy dit afneem nie. Die natuurlike oomblikke beskik oor daardie magic factor.

16. NEEM BEHEER
Nie almal is natuurlik voor die kamera nie. Soms moet jy leiding neem en hul adviseer waar en hoe hulle moet staan, op so ‘n wyse dat dit steeds natuurlik lyk. Dit is ook jou plig om toe te sien dat alles gedoen word binne die tydlyn.

17. TYDLYN
Sorg dat jy ‘n tydlyn het van die hele dag se verrigtinge voor die dag van die funksie. Gaan dit na en maak voorstelle indien nodig. Soms het die bruidspaar ‘n bietjie leiding nodig. Meeste van my troues maak voorsiening vir ‘n uur vir die familie foto’s, die gevolg foto’s sowel as die romantiese fotosessie. Dit neem deeglike beplanning en flink werk om binne jou tyd te bly.

18. SKIET ALTYD RAW
Dit is ‘n beter gehalte foto en gee jou meer editing ruimte.

19. AGTERGROND
Die agtergrond van ‘n foto is ongelooflik belangrik. Maak seker jou agtergrond is skoon, m.a.w tydens die romantiese fotosessie dat daar geen gaste in die agtergrond is nie, daar nie ‘n boom in die agtergrond is wat in daardie spesifieke posisie lyk of dit uit die bruid se kop groei nie ensomeer. Jou agtergrond moet nooit jou aandag aflei van die fokus van jou foto nie.

20. GENIET JOUSELF
Fotografie moet ‘n passie wees. Shooting from the heart. My reël is dat jy die dag weer moet herleef as jy na die foto’s kyk. Jy moet die knop in die keel kry wanneer jy die foto van die bruid se ma sien wat ‘n skelm traantjie pik, jy moet die blomme amper kan ruik, daardie opgewondenheid van die dag voel.

 


“Photography is a way of feeling, of touching, of loving. What you have caught on film is captured forever… It remembers little things, long after you have forgotten everything.” -Aaron Siskind

Bernadette Dippenaar

BE Wedding Photography

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *