Durbies Op Hul Beste!

Inligting verskaf & saamgestel deur Freddie Brooks:  Hoof – Sport & Bemarking.

TYGERBERG INTERNASIONALE EISTEDDFOD 2017
Baie geluk aan al ons Durbie-leerders wat puik presteer het by die Tygerberg Internasionale Eisteddfod en as wenners van hul kategoriee aangewys is.
Baie geluk ook aan Matthys Carstens (beste prestasie in Blaasduette) en Jana Traut (kategoriewenner vir Kuns graad 9) wat ook wenners was, maar ongelukkig nie beskikbaar vir die foto nie

 RUGBY
Baie geluk aan ons o/15 rugbyspelers wat in die WP Elite Rugbygroep opgeneem is.
Baie geluk, Janlu, Renaldo, Rowan en Corne, ons is trots op julle!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 MUSIEK
Ludick Bezuidenhout, Alexi du Preez en Elana Mauer het saam met Mev. Madeline Jansen die Nasionale Franse horing simposium bygewoon, wat op 22 & 23 September plaasgevind het by Hoërskool DF Malan. Die simposium het afgeskop met ‘n konsert deur die Big 5 koperblaas kwintet, Windworx en verskeie Franse horing soliste.
Die volgende dag het hierdie drie Durbies ook self musiek gemaak saam met ander Franse horing studente van regoor Kaapstad asook Port Elizabeth. Na ‘n dag van saam musiek oefen, het die Franse horing ensembles ‘n publieke opvoering gehou by die VnA Waterfront amfiteater.

 

 BERGFIETS
Baie geluk aan 2 van ons Durbie-mammas, Belinda Taljaard Van Tonder en Marisu Rocher wat die 1ste vroue span in die Lomar Endurance Stage Race was.
Baie geluk Durbie-dames, ons is trots op julle!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 DURBIE – JEUG OLIMPIESE SPELE
Ons is baie trots op Mieke Burger wat uitgenooi is om aan die Jeug Olimpiese Spele kwalifiserende rondtes tydens Desember in Nigeria deel te neem.
Dit verg ure se harde werk en deursettingsvermoë en juis daarom is ons trots op Mieke se prestasie.
Baie geluk Mieke en sterkte, ons Durbies staan bankvas agter jou!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 TENNIS
Ons Seuns Tennisspan het aan die Boland Landbou Tennistoernooi deelgeneem. Die Durbies het as volg presteer:
vs Oakdale verloor 9-27
vs Pearson wen 34-2
vs Marlow wen 24-12
vs Paarl Boishaai wen 19-17
Ons jong seunsspan eindig 5de in hierdie sterk toernooi. Baie geluk Durbies, ons is trots op julle!

 

REKENAAR PROGRAMMERINGSOLIMPIADE
Christina Mauer het presteer by die onlangse Rekenaar Programmeringsolimpiade.
Christina was een van 13 finaliste uit 227 skole van 9 provinsies en wen ‘n brons medalje.
Christina is nie net die enigste dogter in die finaal nie, maar ook die dogter van die 1986 wenner van die goue medalje, Mnr Gustav Mauer (‘n senior sagteware ontwikkelings ingenieur by Amazon).
Baie geluk met hierdie besondere prestasie Christina, ons is trots op jou!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *